Tuis » Taal » Prosa & poësie » "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS
"villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #39390] |
So, 18 Februarie 2001 15:14 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impis hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier
in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,

Re: "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #40874 is 'n antwoord op boodskap #39390] |
Di, 10 April 2001 22:58 |
Antonio
Boodskappe: 8 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Was dit nou een van daardie gedigte van die Internet Polisie, of het ek die
kat by die stert beet?
schrieb im Newsbeitrag news:3AD3877E.6B6A8A81@home.com...
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier
in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
|
|
|
Re: "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #40881 is 'n antwoord op boodskap #39390] |
Wo, 11 April 2001 16:36 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie.
My geliefkoosde stukkie Oos Vrystaat.- Clarens.
Annette
@home.com wrote in message ...
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier
in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Do Nov 21 20:45:14 MGT 2024
|